‘n Nuwe jaarblad met ‘n nuwe redaksie is altyd iets om oor opgewonde te wees. Ons hartlike dank aan mev Philna Kloppers wat die afgelope paar jaar ons jaarblaaie met sorg hanteer het. Welkom aan Mevv Marina Theron en Charlotte Bresser – jul eerste poging is ‘n groot sukses!
Hier by Affies doen ons dinge uit die hart en daarom is dit lekker om 2005 te herleef in die blaaie van hierdie uitgawe. Ons het werklik ‘n geseënde jaar beleef, waarvan die hoogtepunt sekerlik die 25-jaar feesviering was. Akademie het vir ‘n hele week totaal agterweë gebly terwyl die Affies hartlik feesgevier het!
The trials and tribulations of a school year can hardly be represented in print, but I believe that an annual magazine like ours does so while serving a dual purpose. Obviously, it attempts to reflect on the past year, but it will also become the source of many nostalgic trips down memory lane for ex-Affies who have progressed into the adult world. We are proud of the young adults whose lives and characters are moulded in our school, enabling them to become proud and productive South Africans.
Mag hierdie jaarblad vir alle Affies ‘n bron van vreugde en herinnering wees en mag ons die krag van ons Hemelse Vader ontvang om die Affie-pad volgens Sy wil te stap.