NETBALVERSLAG
AFFIES NETBAL IS TOPS
Soos elke jaar het die netbal Affies se naam hoog gehou, nie net met ons spel nie, maar ook met ons lekker gees . Ons nuwe 0/14-speelsters het sommer baie talent. Affies het altesaam 16 spanne in die liga ingeskryf, maar verskeie kere was daar nie vir ons C- en D-spanne opponente nie.
In die liga het Affies ook behoorlik hulle staal gewys. Die volgende spanne is die wenners in hulle onderskeie ouderdomsgroepe:
0/14 D: Hierdie span het slegs teen 3 skole opponente gehad.
Hulle wen Driehoek 10 â 1
Sasolburg Hoërskool 11 â 3.
Nadat Parys punte oorgegee het, is hulle onoorwonne in hulle ouderdomsgroep.
0/15 A: Hierdie span het onoorwonne uit die stryd getree. Vaalpark het punte oorgegee, maar vir die res het die meisies hard gewerk:. Affies wen Carel de Wet 24 â 10, Driehoek 18-12, Sasolburg Hoërskool 19 -15, Historia 32 â 7 en Transvalia 9 â 8.
Die 0/16 B-span het ook as wenners uit die stryd getree deur vir Vaalpark 10 â 6; Driehoek 15 â 5, Sasolburg Hoërskool 22 â 8, Parys 19 â 3 en Transvalia 15 â 10 te wen.
Daar was geen skool wat opponente vir die 0/16 D's gehad het nie.
0/19-A speel 6 wedstryde, wen 3, verloor 2 en speel 1 gelykop. Die uitslae was soos volg: Vaalpark 28 â 14 en Carel de Wet 30 â 14. Transvalia is met twee doele gewen, 26 â 24! Die span verloor teen Driehoek 11 â 34 en 11 - 20 teen Sasolburg Hoër. Ons speel gelykop teen Parys, 36 elk.
Hierdie was sowaar 'n netbalseisoen om op trots te wees.Dit sou nooit so goed gegaan het as dit nie vir die harde werk en opoffering van die afrigters was nie. Dankie ook aan ons ondersteuners. Ons sien uit na volgende jaar, netbal gaan KOOK!
- Petro Kok, 11A1
NETBALPROEWE
Met die proewe het dit ook vanjaar baie goed gegaan. By die Noord-Vrystaat Plattelandse proewe het Affies oorheers. Altesaam 24 meisies, uit die volgende ouderdomsgroepe, is in die spanne ingesluit:
0/14: |
Rozanne van Schalkwyk (Fonteine)
Wilene Steyn
Luzaan Fourie |
|
|
|
|
0/15: |
Melanie Theron
Bianca de Lange
Annalie Bourke
Anja Kritzinger
Lenika Strydom
Jeane du Plessis (reserwe)
Pam Goldie (reserwe)
|
|
|
|
|
0/16 |
:Talana Stander
Lizé van Tonder
René Els
Barbara Sibeko
Elaine Treurnicht (reserwe)
|
|
|
|
|
0/17: |
Madelyn Labuschagne
Petro Kok,
Gerda van den Berg,
Khutso Ledwaba,
Nadia Bosman,
Hanneri Ferreira
Bernice Fourie.
|
|
|
|
|
0/19: |
Almal wat vir die uderdomsgroep in ons skool speel, en gaan deelneem het, is gekies:
Chrisna van der Watt
Marinette Kritzinger
Zeldelé Cronje.
|
|
|
Met die proewe op Kroonstad is Khutso Ledwaba (0/17) vir die Noord-Vrystaatspan gekies, en Madelyn Labuschagne (0/17) en Petro Kok (0/17) is as reserwes aangewys. Baie geluk aan al die meisies!
- Petro Kok, Gr 11A1