Valentynsbal
Die Valentynsbal was ‘n geleentheid van glans, plesier en styl. Leerders word jaarliks deur die Uitvoerende komitee uitgenoi om aan hierdie spoggeleentheid deel te hê. Tydens die opening word ‘n gevestigde tradisie voortgesit waartydens leerders hul metgeselle aan die hoof moet voorstel, ‘n stukkie lewenservaring wat groot betekenis vir talle leerlinge inhou.