Posbus 1116 Sasolburg 1947             
Telefoon : 016 976 1060             
Faks : 016 9761061             

AFRIKAANSE HOëRSKOOL SASOLBURG

AANSOEK OM AS LEERLING TOEGELAAT TE WORD

(Voltooi asb in DRUKSKRIF.  Merk met X waar nodig)

                                                 VIR KANTOORGEBRUIK

GRAAD

KLAS

REGISTRASIENOMMER

 

LEERLINGBESONDERHEDE

VAN

 

VOLLE NAME

 

NOEMNAAM

 

GESLAG (MERK MET X)

MANLIK/VROULIK

GEBOORTEDATUM

 

IDENTITEITS NOMMER

 

HUISTAAL (MERK MET X)

AFR

ENG

ANDER :

SIEKTES EN IMMUNISERING

SIEKTES WAARTEEN LEERLING GEïMMUNISEER IS

POLIO

WITSEERKEEL

KINKHOES

ALLERGIEë OF ENIGE ANDER SIEKTES WAT U KIND GEHAD HET OF NOG HET

 

IS U KIND TANS ONDER MEDIESE BEHANDELING OF GEREELDE GEBRUIK VAN MEDIKASIE (MERK MET X)

INDIEN JA, VERSKAF ASB BESONDERHEDE

JA

NEE

 

 

OUER/VOOG BESONDERHEDE

MNR/MEV

VOORLETTERS

VAN :

POSADRES

 

STRAATADRES

 

DORP & KODE

 

DORP & KODE

 

TEL MA WERK

 

TEL PA WERK

 

BEROEP VAN MOEDER

 

BEROEP VAN VADER

 

TELEFOON HUIS

 

KERKVERBAND

 

AANTAL KINDERS

IN AFFIES

1 / 2 / 3 / 4 / 5

(OMKRING)

HOEVEELSTE KIND

IN AFFIES

1STE / 2DE / 3DE  /4DE / 5DE

HUWELIKSTATUS

GETROUD/GESKEI

WEDUWEE/

WEWENAAR

 

VOERTUIG BESONDERHEDE

MODEL

FABRIKAAT

REGISTRASIENOMMER

VERWYSING VAN FAMILIELID OF VRIEND

MNR/MEV

(OMKRING)

VOORLETTERS

VAN :

STRAATADRES

 

TELEFOON NOMMER

 

DORP & KODE

 

INLIGTING VAN VORIGE SKOOL

NAAM EN ADRES VAN SKOOL

 

DATUM SKOOL VERLAAT

 

HOOGSTE GRAAD GESLAAG

 

BY WIE BLY LEERLING (MERK MET X)

EIE OUERS

1

BY MOEDER (VADER OORLEDE)

5

HET STIEFVADER

2

BY VOOGDE

6

HET STIEFMOEDER

3

OUERS GESKEI – BLY BY VADER

7

BY VADER (MOEDER OORLEDE)

4

OUERS GESKEI – BLY BY MOEDER

8

ONDERNEMING

Ek/Ons die ondergetekende(s) [Van en voorletters] ____________________________________________

Woonadres : _________________________________________________________________________

Ouer(s)/Voog van [Van en Naam] ________________________ Gr ________ Jaar _______ doen hiermee aansoek dat die genoemde kind as leerling tot AFRIKAANSE HOëRSKOOL toegelaat word onderworpe aan die volgende voorwaardes/ondernemings :

1.             Ek/Ons kies my/ons bogemelde woonadres as domicilium citandi et executandi en onderneem om enige adresverandering binne 7 (sewe) dae aan te meld.

2.             Die Beheerliggaam van die skool sal die skoolgeld aanwend binne die WET soos die behoefte vir die standaardonderrig en vooruitgang van die skool mag vereis.  Aanpassings sal van tyd tot tyd in oorleg met die ouers gemaak word om standaardonderrig te verseker.

3.                ONDERNEMING

                Ek/Ons as ouer(s)/voog :

3.1                 Onderneem om die jaarlikse verpligte skoolgeld te betaal soos ooreengekom met die skool en indien ek/ons sou versuim om enige betaling te maak sal die volle skoolgelde vir die jaar betaalbaar en opeisbaar word en aanvaar ek aanspreeklikheid vir alle regskostes, insluitende prokureurs- en kliëntfooi, invorderingskoste en rente teen die hoogste oortrokke bankrentekoers.

3.2                Aanvaar verantwoordelikheid vir skade wat deur my kind(ers) aangerig word.

3.3                Aanvaar verantwoordelikheid om die betrokke leerling te immuniseer teen aansteeklike siektes en normale infeksies en ‘n bewys daarvan te toon indien dit verlang sou word.  Indien die kind(ers) aan ‘n aansteeklike siekte ly soos byvoorbeeld masels, waterpokkies, ens., moet die ouer/voog die skool dienooreenkomstig in kennis stel en die kind in eie sorg hou totdat die kind(ers) genees is of totdat die gevaar van infeksie verby is.

3.4                Onderneem om alle boeke en toerusting wat aan genoemde leerling in bruikleen gegee word, aan die skoolhoof terug te besorg wanneer hy daarom vra en om die koste van alle items wat nie in redelike toestand terugbesorg word nie, aan die beheerliggaam te vergoed.  Ook onderneem ek/ons om boeke en toerusting wat by verlating van die skool nie terugbesorg is nie teen heersende pryse aan die beheerliggaam te vergoed.

3.5                Aanvaar verantwoordelikheid om voorsiening te maak vir die nodige vervoer na en vanaf die skool.

3.6                Onderneem om die skoolhoof vroegtydig in kennis te stel van enige afwesigheid en om die nodige Mediese sertifikaat beskikbaar te stel indien dit verlang sou word. 

4.                VRYWARING

                Ek/Ons as ouer(s)/voog :

4.1                 Neem kennis dat die huidige versekeringspakket van die skool voorsiening maak vir gemeenregtelike eise met ‘n perk van R1 000 000-00.  Die skool en die Beheerliggaam aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid met betrekking tot enige verlies, besering of ongeval wat die kind in die gewone bedrywigheide van die skool mag opdoen nie en gevolglik stel die ouers(s)/voog die skool en die Beheerliggaam skadeloos met betrekking tot sodanige eise wat nie deur bogenoemde versekering gedek word nie.

4.2                Gee hierdie volmag aan die skool en sy personeel om te besluit oor nood mediese sorg en om die implikasies daarvan te aanvaar indien die ouer(s)/voog van die betrokke leerling nie onmiddellik opgespoor kan word nie.

4.3                Neem kennis dat enige toerusting of eiendom van die leerling op eie risiko op die skoolterrein gebring word.

5.             Ek/Ons aanvaar die toelatingsbeleid van die skool hierby aangeheg.

6.             Die bogemelde onderneming sal van krag wees vanaf die dag van ondertekening tot die leerling die skool amptelik verlaat.  Die Beheerliggaam behou hom die reg voor om die toelating van leerlinge te heroorweeg.

7.             Die ouer/voog verklaar hiermee dat hy/sy die wettige ouer(s)/voog is van die kind en geregtig is om hierdie onderneming te teken en dat hy/syhom/haar in sy/haar persoonlike hoedanigheid verbind vir alle verpligtinge van die kind.

8.             Ek/Ons bevestig dat ons die bogemelde voorwaardes gelees het en dit verstaan en aanspreeklikheid aanvaar teenoor die skool vir enige bedrag verskuldig.

GETEKEN op hierdie ________ dag van _____________ jaar __________

_______________________                _______________________                _____________________

HANDTEKENING VADER/VOOG                HANDETKENING MOEDER/VOOG                SKOOLHOOF

TOELATINGSVEREISTES VAN AFRIKAANSE HOëRSKOOL SASOLBURG

KRITERIA VIR TOELATING VIR LEERLINGE TOT

AFRIKAANSE HOëRSKOOL SASOLBURG

1.                    Van alle ouers, voogde en leerlinge sal verwag word om die etos met betrekking tot ‘n Christelike Onderwysstelsel te aanvaar.

2.                   Afrikaanse Hoërskool se onderwysbeleid moet aanvaar word as die opvoedkundige en onderrignorme wat sal geld in die onderrig van die leerlinge.

3.                   Elke nuwe leerling sal skriftelike bewys moet lewer van die vlak van onderrig wat hy reeds ontvang het.

4.                   Elke leerling sal bewys moet lewer van sy/haar ouderdom.

5.                   Van leerlinge se ouers/voogde sal verwag word om die voorgeskrewe skooldrag van die skool vir leerlinge aan te koop.

6.                   Skoolgelde, soos van tyd tot tyd deur die beheerliggaam bepaal, is verpligtend.

7.                   Aanvaarbare amptelike bewys van goeie gedrag en bevredigende vordering van vorige skole moet gelewer word.

8.                   Die Beheerliggaam aanvaar geen aanspreeklikheid vir vervoer van leerlinge nie.

9.                   Van alle leerlinge word verwag om hulle te onderwerp aan die skool se reëls soos goedgekeur deur die beheerliggaam van die skool.

Hiermee aanvaar en onderwerp ek my aan die toelatingsvereistes soos hierbo uiteengesit.

____________________________________

HANDTEKENING VAN OUER/WETTIGE VOOG

ONDERNEMING TEN OPSIGTE VAN SKOOLGELDE VIR 2003

OUER/VOOG BESONDERHEDE (VUL ASB VOLLEDIG IN BAIE INLIGTING IN VEROUDERD)

MNR/MEV(OMKRING)

VOORL

VAN :

POSADRES

 

STRAATADRES

 

DORP & KODE

 

DORP & KODE

 

TEL HUIS

 

TEL PA WERK

 

TEL MA WERK

 

BEROEP VAN VADER

 

BEROEP VAN MOEDER

 

LEERLINGE IN SKOOL SE REGISTRASIE NR’S

 

AANTAL KINDERS IN AFFIES

1 / 2 / 3 / 4 / 5

(OMKRING)

HOEVEELSTE KIND IN AFFIES (OMKRING)

1STE / 2DE / 3DE  4DE / 5DE

HUWELIKSTATUS

GETROUD/GESKEI

WEDUWEE/WEWENAAR

 

VOERTUIG BESONDERHEDE

MODEL

FABRIKAAT

REGISTRASIENOMMER

Ek/Ons Mnr/Me ________________________________________ ouer(s)/voog van

_________________________Leerlingnommer_________ Graad ______ Klas _____

onderneem bet aling van skoolgelde.  Registrasiefooi vir 2002 is R300-00 en MOET betaal word voor of op 15 Januarie 2003 voordat enige boeke aan ‘n leerling uitgegee sal word.   Skoolgelde beloop R2 700-00 en die eerste betaling moet geskied teen einde Januarie 2003.

Ek/Ons neem kennis dat afwyking van ooreengekome betaling sonder spesiale reëling met mev Lindi Jacobs of mnr Thys Swanepoel namens die Beheerliggaam, sal lei tot oorhandiging aan prokureurs, in welke geval ek/ons aanspreeklik sal wees vir betaling van alle prokureurskoste.  Ek/Ons kies ook my straatadres bovermeld as my domicilliumm citani et executandi.

HANDTEKENING : __________________________ DATUM : _________________

KEUSE VAN BETALING

(OMKRING U KEUSE)

1.                    In 10 gelyke paaiemente per maand voor of op die SEWENDE van elke maand vanaf einde JANUARIE tot OKTOBER met ander woorde voor die SEWENDE November 2003 moet skoolgelde opbetaal wees.

2.                   90% van die volle verpligte bedrag voor EINDE JANUARIE, wat ‘n 10% korting impliseer.

LET WEL

Neem kennis dat Graad 12 leerlinge se skoolgeld op die LAASTE skooldag van die DERDE kwartaal opbetaald moet wees.

ONDERNEMING TEN OPSIGTE VAN SKOOLGELDE VIR 2003

ONDERNEMING

REGISTRASIEFOOIE : R300-00 per leerling (betaal by registrasies Mev Lindi Jacobs)

Ek/Ons Mnr/Me ________________________________________________ ouer(s)/voog van

_____________________________ Graad : _________ onderneem betaling van skoolgelde.

Ek/Ons neem kennis dat afwyking van ooreegekome betaling sonder spesiale reëling met mev L Jacobs of mnr Thys Swanepoel namens beheerliggaam, sal lei tot oorhandiging van prokureurs.

HANDTEKENING : _________________________  DATUM : _________________________

KEUSE VAN BETALING

(OMKRING U KEUSE)

1.                    In 10 gelyke paaiemente per maand voor of op die SEWENDE van elke maand vanaf FEBRUARIE tot NOVEMBER

2.                   90% van die volle verpligte bedrag voor EINDE JANUARIE, wat ‘n 10% korting impliseer.

LET WEL

Neem kennis dat Graad 12 leerlinge se skoolgeld op die LAASTE skooldag van die DERDE kwartaal opbetaald moet wees.